South African Helen Zille Stands Up To ANC

Since the African National Congress(ANC) came to power in the 1990s, it has not enjoyed the presence of any opposition groups, particularly those led by a white woman. Helen Zille who did an outstanding job as mayor of Cape Town and just won the premier position in the province has upset President Zuma and the ANC for charging failure to act against the AIDS/HIV crisis. She gained a 51% majority in the Cape province and took it away from control by the ANC. She has made several provocative comments about the attitude of President Zuma whose famous remark on how to prevent AIDS infection was to take a shower after sexual intercourse. Zille was a thorn in the side of Apartheid leaders and strongly supported the ANC and Nelson Mandela. However, the ANC youth group has accused her of being a racist and a loose woman.

There is no question Helen Zille has a loose cannon for a mouth and will blast away at corruption and stupidity at the drop of a hat. She has blasted drug dealers and wants action to end AIDS/HIV which infects nearly a thousand South Africans each day. A new democracy such as South Africa needs opposing voices, that is the hallmark of democracy.

  • Ernst van Biljon

    MODERNE DOPSTELSEL WORD WEER INGESTEL

    Op een of ander wyse moet die armes gehelp word. Almal stem daarmee saam. Heeltemal tereg dat die ANC op die wa gespring het om die armes te help. Natuurlik het hulle daardeur gebaat want dit sal mos ook stemme werf. Die teorie is bo verdenking. Ons – die regering mbv ons belastinggeld – voorsien fondse aan ouers wat dit nie breed het nie om kos en klere aan hul kinders te voorsien. Wonderlik!! Alom word luid gejuig en hand geklap. Die gedagte is suiwer en goed. Ons moet daarmee voortgaan,

    Kom ek egter die oggend na die uitbetaling van hierdie fondse by ‘n klein Laerskool aan – Wat tref ek hier aan? Onthou nou hierdie skool se kinders is almal jong kinders in graad 1 tot 4 – kinders van ouers wat dit nie breed het nie, ouers wat dit nie kan bekostig om skoolfooie te betaal nie en daarom doen die regering dit vir hulle. Onbaatsugtig verseker! Die kinders lyk vanoggend omgekrap en ongelukkig. Hoekom dan – wat is fout. Het julle ouers dan nie gister jul toelaes gaan haal nie? Hoekom dan die afdraande gesiggies?

    Nee juffrou my Ma en Pa het niks vir my gebring nie – hulle het net drank en dagga gekoop. Gisteraand het ons nie eers kos gekry nie want my Ma was te dronk om kos te maak en my Pa was kwaad en wou ons slaan – ons moes by ander kinders gaan wegkruip vir hom want as hy ons kry dan word ons met die vuis geslaan of geskop. Ons baat niks met die All pay van die regering nie. Ek het nie skoene of ‘n trui vir die winter nie en my Ma belowe vir my sy sal dit met All pay vir my koop maar dit gebeur nooit nie – Nooit nie Jufftou!! My voete bars van die koue en as ek nie kos by die skool kry nie dan kry ek nie kos nie. Daar is net drank en dagga in die huis. Ek en my maatjies drink soms oor naweke van die drank omdat daar nie kos is nie. Kan Juffrou nie weer vir ons help om skoene en baadjies te kry vir die winter nie!!

    WANNEER GAAN DIE KLOMP LAMSAKKE IN DIE REGERING – OPPOSISIE INKLUIS – WAKKER WORD – HOEVEEL KINDERS MOET NOG MET ELKE ALL PAY DAY BLOOTGESTEL WORD AAN DIE SOORT VAN MISHANDELING – DIT IS OM VAN OP TE BRING – OM OP DIE HOOGSTE BERGSPITS TE GAAN STAAN EN JOU FRUSTRASIE UIT TE SKREE.

    MENS VOEL SO MAGTELOOS

    Daar wird gepraat van die dopstelsel en sy nadele maar wat is die ALL PAY van die regering nie anders as ‘n NUWE MODERNE DOPSTELSEL nie. Die ALL PAY kan net sowel herdoop word na die ANC se DOPSTELSEL.

    Ek wil ‘n beroep doen op enige persoon in ‘n posisie waar dit ‘n effek kan hê op die wysiging van die ALL PAY stelsel om ondersoek in te stel na die moontlikheid om eerder die geld aan die skole/ kerke uit te betaal en dat skole/ kerke kos en klere kan koop sodat die beheerliggaam sulke klere kan uitdeel aan die betrokke kinders – al moet daar ‘n bykomende pos geskep word vir toesig en kontrole.

    DIT IS EGTER NOODSAAKLIK OM ONVERSUIMD KREATIEF TE BEGIN DINK OOR DIE PROBLEEM WANT ALMAL MOET BESEF DAT HIERDIE SITUASIE DIE TEELAARDE WORD VAN KRIMINALITEIT.

    Jong kinders word permanent en herhaaldelik met elke ALL PAY blootgestel aan die wangedrag van ouers en sal daardie gedrag noodwendig na-aap en aanleer. Sodoende word ‘n samelewing geskep wat misdadigers koester en oplei.

    Die partye wat tans die grootste voordeel trek uit die sg ALL PAY is die DAGGA SMOKKELAARS EN DRANKWINKELS. Die kinders is die party wat tans die swakste daarvan afkom – hulle kry glad nie kos en klere nie en wat meer is hulle kry ook nie ouerliefde nie – inteendeel agv besope ouers word hul geskop en slaan.